Local newsNews

Riool in Batavia omgewing ondraagbaar

Inwoners ry op sypaadjie om rioolrivier in pad te vermy.

‘n Inwoner van Machalestraat in Batavia, Witpoortjie, het die Record laat weet dat hulle met hulle hande in hul hare sit as gevolg van ‘n groot riool probleem.

Met die Record se besoek aan die area was dit duidelik dat die inwoner, Klip Bowles, nie oordryf nie. Reeds honderde meter weg, soos die kraai vlieg, tref die onwelriekende reuk mens se neusvleuels.

Op die draai onder in Machalestraat blyk dit dat die riool vanuit ‘n mangat uitloop en die hele padoppervlak dek.

Inwoners wil nie meer buite verkeer as gevolg van die stank en ander verkies om op die sypaadjie om die riool te ry aangesien dit hulle motors bemors en laat stink.

Bowles, het ook aan die Record gesê dat hulle reeds die afgelope twee weke die probleem rapprteer en dat hulle verwysingsnommers kry maar dat niks aan die saak gedoen word nie

Sy buurvrou wat ook Sondag 16 Maart die sypaadjie wou gebruik om die pad vol riool te vermy, se motor het vasgeval en ‘n toutrok moes haar kom uitsleep.

Die Record wag vir kommentaar van Joburg Water.

Vir volledige artikel, lees volgende week se Record

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button