BlogsEntertainmentLifestyleOpinion

Kritiek Aster — Slimmes

Friends in high places, of eerder high friends in places?

Olivetti 45 — Ek vra myself al van die begin van 2014 af, waar is die land se slimstes? Waar lê Suid-Afrika se werklike experts, ordentlike navorsers, verstandige skrywers en nadenkende akademici?

Die algemene opinie is dat die slimmes daardie persone is wat al die pad studeer, wat in samewerking met die een of ander instituut of universiteit optree, verslag doen of kommentaar lewer, wat ‘n hoë pos beklee of wat ‘n hengse bekende boek of ses neergepen het. Slim mense het friends in high places, ‘n blôg op ‘n website met ‘n eie domain name. Slim mense word gereeld aangehaal – of dit nou in tesisse, literêre resensies, boeke, toesprake, die Record of ‘n dagblad is. Hulle verskyn op televisieprogramme. Hulle vlieg landswyd of wêreldwyd business class op ander se koste om praatjies te lewer of seminare aan te bied. Hulle bied soms klasse of vakke by universiteite of kolleges aan en praat oor hulle experience met dit wat gebeur – en gereeld het hulle daardie experience al sedert negentientoet want hulle het die goudbedryf gestruktureer, facebook help groei of sélf teen apartheid geveg (voor 1994).

Ek het na alle kante van die spektrum gekyk vir die antwoord op my vraag. Ek het in navorsingsfasiliteite, lecture theatres, agter lessenaars, agter boeke, rekenaars, en selfs in my direkte, elkedagse omgewing gaan soek. Want volgens die flipside is die slim mense nie discover nie, maar dat die werklike slimmes Jan Alleman is wat elke dag agter sy lessenaar sit en sy werk met trots, kennis en insig doen. Dit is moontlik die outjie wat werkloos tuis sit en skryf oor sy gunstelling musiekgenre en saans hulle opspoor tussen die pubs en rock riots met die bedoeling om hul invloed beter te verstaan. Dit is moontlik die plaaslike joernalis wat agter elke riot, politieke gebeurtenis en housebreaking aanhardloop, wat met insig daardie gebeurtenisse analiseer en wat dit so op skrif sit dat dit sweerlik soos digkuns lyk.

Beide is waar… Mens sien al hoe minder sogenoemde experts wat kommentaar lewer op ‘n situasie en al hoe meer straight-van-die-straat-af gesprekke met plaaslikes wat werklik kennis dra. Al hoe minder mense, sou dit blyk uit my elkedagse gesprekke met studente en interns, behaal werklik hul grade en laat eerder ondervinding hul lei in hul strewe boontoe. Selfs al behaal jy daardie graad, beweer sommiges, beteken dit niks nie want jy kompeteer nie noodwendig met ‘n klomp ander hooggeleerdes vir ‘n pos nie. Jy word minder betaal as wat jou graad jou behoort te verseker. So waar lê die kennis dan werklik …

Myns insiens verrot die kennis iewers in die kop van ‘n admin-poppie wat tevore human resources-teorie baasgeraak het; die lewenservaring van bogenoemde joernalis word nêrens gedokumenteer nie; ‘n meisie wat eens fashion design geswot het sit nou by Clover en dink aan trou. Astertjie besef ook sy is glad nie so slim nie, maar sy het high friends in places, wat elke naweek filosofies raak oor die komende verkiesing, wat die lof van die kennis van hulle medemense besing en wat iewers op ‘n Word-dokument begin het met die volgende mind-altering roman.

Related Articles

Back to top button