School sportSport
Kruiners se Luan, mag maar swem
Leerling voltooi twee swemkompetisies van oor 1 000m suksesvol.
Luan Purchase, ‘n Graad 6-leerling van Laerskool Helderkruin se toekoms lyk al hoe meer belowend elke keer as die mannetjie in ‘n swembad klim.
Die gereelde presteerder vir Kruiners en die Florida Swemklub het weer op Sondag 12 Januarie die oë laat rek toe hy die Ebotse Rynfield Oopwaterswembyeenkoms van 1 000 meter in ‘n tyd van 19 minute en 22 sekondes voltooi het.
‘n Week later, op Sondag 19 Januarie het hy die taai Heia Safari se 1 200 meter swembyeenkoms ook suksesvol in ‘n tyd van 21 minute en 15 sekondes klaargemaak.
Luan is tans besig om homself vir die jaarlikse Midmar Myl – die wêreld se grootste oopwaterswembyeenkoms – wat op 8 en 9 Februarie in Pietermaritzburg plaasvind, voor te berei.
Kruiners wens hom sterkte toe.



