NewsSchools

Wiskunde-boffin laat die oë rek

Geen som is vir tienjarige van Laerskool Florida te moeilik nie.

Wiskunde is kinderspeletjies vir Ethan Kirstein (10), ‘n Graad 5-leerling van Laerskool Florida.

En van met ‘n sakrekenaar, liniaal en somme werk kan jy hom niks vertel nie.

Hy is so slim dat hy in Desember selfs in Hong Kong aan ‘n internasionale Pama Kampioenskap gaan deelneem het en met ‘n gouemedalje teruggekeer het. Dit was ook die enigste medalje wat die 21 Suid-Afrikaanse Semas Abakus Wiskunde-leerlinge wat meegeding het, kon huis toe bring. Sowat 350 leerlinge uit 11 lande het aan die kampioenskap deelgeneem.

‘n Maand voor die kompetisie is Ethan as die algehele wenner van die Semas SA Nasionale Kampioenskap aangewys en is die afgelope drie jaar (2011, 2012 en 2013) die beste Semas Abakus Wiskunde-leerling in Suid-Afrika. Hy is boonop 13de in sy ouderdomsgroep in die wêreld.

Semas het tans sowat 5 000 leerlinge landswyd wat die Abakus Wiskundeprogram deurloop.

Toe die Record hom gedurende ‘n fotosessie vra om ‘n eenvoudige som neer te skryf, sê hy, “Ag ek sal sommer ‘n maalsom van so 300-en-iets maal 400-en-iets neerskryf, is dit reg?”

Ethan het reeds op die kykNET-program Kwêla verskyn en die dagblad Beeld het al geskryf oor sy vermoë om flink hoofrekene te doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button