Meer as 130 000 Graad 1’s in laerskole verwelkom
Algehele gevoel oor eerste dag van skool positief.

Daar is op Woensdag 15 Januarie op die eerste amptelike dag van die nuwe akademiese jaar meer as 130 000 Graad 1-leerlinge by verskeie laerskole in Gauteng verwelkom.
In Roodepoort was joernaliste al vroeg op hul pos om nie een van ‘n ouer en kind se grootste oomblikke in die lewe mis te loop nie.
Volgens ‘n amptelike onlangse verslag van die Gautengse Departement van Onderwys het presies 131 000 Graad 1’s verlede jaar vir toelating in 2014 aansoek gedoen. Wat die Graad 8’s aanbetref het 114 546 aansoek gedoen.
Daar is ook genoem dat benewens die 2 000 skole wat Gauteng reeds het, 28 nuwe laerskole vir 2014 opgerig is maar vier van die 28 sal eers in April vanjaar gereed wees.
In Roodepoort lyk die leerlinggetalle in laerskole goed en is die algehele gevoel oor die eerste dag van skool heel positief.
In Roodekrans het die Engelssprekende laerskool Ridgevale Primary ‘n totaal van 163 Graad 1-leerlinge en 52 Graad R’e verwelkom, terwyl Laerskool Florida in die ander kant van Roodepoort 130 Graad 1’s en 68 Graad R’e verwelkom het.
Skole is welkom om hulle getalle na clintonb@caxton.co.za te stuur.
Besoek ons galery vir foto’s wat op die dag geneem is.



