Editor's choiceLocal newsNews

Onderwyser in koma na beroerte

Onraad gemerk toe departementshoof nie opdaag vir nasienwerk nie.

Hennie Louw (59), onderwyser en ‘n departementshoof by Hoërskool Westonaria, wat ook al deur die Universiteit van Pretoria vereer is, moes Vrydagoggend 6 Desember by Hoërskool Florida aanmeld om toesig te hou oor vraestelle se nasienwerk.

Toe Louw nie opdaag nie het personeel bekommerd geraak en sy jonger broer, Niek Louw gekontak.

Onwetend het Hennie ‘n tentjie by die Country Park Kampeerterrein in Muldersdrift gaan opslaan sodat hy nie elke dag die lang pad van Carletonville hoef te pendel nie.

Alhoewel dit onseker is wat plaasgevind het, word daar vermoed dat Hennie omstreeks middernag op 5 November ‘n beroerte-aanval gekry het. Nooddienste het hom egter eers die volgende dag 6 November gevind nadat ander kampeerders ondersoek ingestel het aangesien sy selfoon se alarm aanhou lui het.

Hennie is tans in ‘n mediese koma in die intensiewesorg-eenheid by Life Wilgeheuwel Hospitaal. Hy toon geen reaksie, sy ooglede is toe en daar is slegs spasmodiese bewegings van sy linkerbeen en arm. Wat die familie bekommer is die tydsverloop tussen die aanvang van die beroerte en die tyd wat hy gevind is.

“Ouboet is egter ‘n vegter in murg en been. Hy het vandag, Sondag 8 September die eerste keer sy kop effe beweeg en sy vrou, Lorraine se hand liggies vasgehou. ‘n Mede-onderwyser wat teenwoordig was met Ouboet se besoek het opgelet dat Hennie se linkerhand vasgebind is. Sy opmerking was dat hierdie ou so ‘n vegter is dat hy die suurstofpype uit sy neus probeer trek. Die suster aan diens het dit bevestig,” het ‘n familielid wat annoniem wil bly gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button