Local newsNews
Kerk trakteer bejaardes van Witpoortjie
Op 29 November het die Volle Evangelie Gemeente Wilropark die inwoners van Witpoortjie Sentrum vir Bejaardes met heerlike eetgoed, klein verrassings en pragtige vermaak getrakteer. Behalwe vir die vingerete het kleuters klein pakkies soetgebak as geskenkies aan die duidelik ingenome inwoners oorhandig. Glimlagte was nog breër toe dieselfde jong klomp hulle danspassies op die maat …
Op 29 November het die Volle Evangelie Gemeente Wilropark die inwoners van Witpoortjie Sentrum vir Bejaardes met heerlike eetgoed, klein verrassings en pragtige vermaak getrakteer.
Behalwe vir die vingerete het kleuters klein pakkies soetgebak as geskenkies aan die duidelik ingenome inwoners oorhandig.
Glimlagte was nog breër toe dieselfde jong klomp hulle danspassies op die maat van bekende Christen-musiek uitgevoer het. Hierna het vroue ook ‘n dansitem gelewer.
Die aand is afgesluit deur die kerk se orkes wat die gaste verder vermaak het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



