
Inwoners van die cul-de-sac in Ivoorstraat, Kloofendal, is moedeloos oor City Power se laksheid.
Die straat is al bykans twee maande lank saans in donker gehul weens straatligte wat nie werk nie.
Wat dit vir die inwoners meer onrusbarend maak is die feit dat die straat aan die kloof in Allen’s Nek grens wat ‘n nes geword het vir ongure karakters. Rowers kan die wonings ook maklik van die kloof se kant af bereik, veral in die donker.
Een inwoner het die probleem reeds op 25 September, 16 Oktober, 18 Oktober en 23 Oktober aangemeld maar niks word gedoen van City Power se kant nie.
Die Record het Sol Masolo, City Power se woordvoerder genader vir kommentaar en moontlike hulp. Hy het gevra dat die verwysingsnommers en detail aan hom gegee word sodat werk van die saak gemaak kan word. Die Record sal dienooreenkomstig namens die inwoners optree.



