LettersOpinion

Hoekom ons vullis langs die pad stort

Myns insiens, vertel Chris, maak dit sin dat Roodepoorters vullis langs die pad stort.

Gert Vermaak (faks)

Hoekom stort mense hul vullis langs die pad? Omdat dit so moeilik is om ontslae te raak van vullis. Jy kan maar vergeet om na Marie Louise te gaan, tensy jy bereid is om die hekwag om te koop. Dan moet jy met jou voertuig, bakkie of motor met ‘n sleepwa in die dongas invoeter oor boomstompe, klippe en dromme vullis. Jy kan die Hemel dank as jy anderkant uitkom met jou voertuig in een stuk.

Ek persoonlik het my bakkie se hele uitlaatpyp verloor. Ek het herhaalde kere al Dave Dewes se kantoor gebel maar dit is net ‘n mos van tyd.

So wat doen ons? Ons stort seker maar langs die pad en hoop ons word nie gevang nie.

Dit is vir my nou duidelik hoekom Roodepoort soos ‘n varkhok lyk. Voorheen kon ons by Marie Louise op die platform ry en die vuillis in die dromme stort, en die vragmotors het dit na die stortterrein geneem. Maar dit word nie meer toegelaat nie. Waarvoor is die dromme daar?

Ek het tot die slotsom gekom dat dit nie saak maak waar jy staan nie want niemand gee om nie. Gaan kyk maar hoe dit lyk die in Randfontein-pad.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button