NewsSchools

Kruiners se eie noodhulpkamer

"Kinders se veiligheid word hoog op prys gestel" sê skool.

Mamma’s en pappa’s van Laerskool Helderkruin hoef hul nie te bekommer oor hul kind se gesondheid en veiligheid wanneer dit by beserings kom nie.

Dit na die amptelike aankondiging van die skool se eie noodhulpkamer.

Volgens Isobel Mitchley van die skool, “Het ons op Vrydag 1 November tydens ons jaarlikse huissport die voorreg gehad om ons noodhulpkamer te open.

“Die fasiliteite is ten volle toegerus om deelnemers wat beseer word tydens sport te help en te ondersteun. Spelers wat erg beseer word kan gestabiliseer word tot verdere mediese hulp opdaag.

“Personeel gaan opleiding ontvang in noodhulp, sodat hulle kan help met beserings tydens skool en sportoefeninge. Die veiligheid

van ons kinders en deelnemende skole word hoog op prys gestel.

“Die noodhulpkamer is geopen in samewerking met die fiksheidsentrum om speler wat beseer is te rehabiliteer.

“Ons wil ook net van die geleentheid gebruik maak om Life Flora Clinic en Life Robinson Privaat opreg te bedank vir hulle borgskap om die mediese fasiliteite op te rig”.

 

Kruiners is in goeie hande.
Kruiners is in goeie hande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button