Matrikulante van Hoërskool Bastion is tydens ‘n spoggerige afsluitingsdiens by die NG Kerk Culembeeck onlangs vereer en sterkte vir die pad vorentoe toegewens.
Volgens Melitta Geyser van die skool is Mari-Louise Boshoff, wat die voorsitter van die skool se Graad 12-Raad hierdie was, as die Dux-leerling aangewys. Sy het ook ‘n hele klomp vak- en kultuurtrofeë ontvang.
Haar toekennings sluit die volgende in:
• Vaktrofeë vir die beste prestasie in Afrikaans, Besigheidstudies, Engels, Fisiese Wetenskap, Lewensoriëntering, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde, Wiskunde III en Wiskunde.
• Die Lian Laing Trofee vir die leerling wat van Graad 8 tot Graad 12 die beste in akademie presteer het.
• Die Scientiae-toekenning vir die beste prestasie in Wiskunde, Fisiese- en Lewenswetenskappe.
• Die Myburgh en Friedel Rudolph-trofeë vir haar kultuurprestasies.
“Met al hierdie prestasies, kon dit nie anders as om die gesogte toekenning van Matrikulant van die Jaar aan Mari-Louise toe te ken nie,” het Melitta gesê.
Mari-Louise beplan om volgende jaar vir ‘n geoktrooieerde rekenmeester te gaan studeer.
Die toekenning vir Fyn Menswees is aan Martin Zaayman (die Graad 12-Raad se ondervoorsitter vir 2013) oorhandig vir die manier waarop hy sy betrokkenheid by Bastion uitgeoefen het.
Die akademiese Top 10 matrikulante is:
1. Mari-Louise Boshoff
2. Shani van Kraayenburg
3. Marcus Alberts
4. Anzél van Huyssteen
5. Jacques Fritz
6. Clarissa van Wyk
7. Johani-Mari Strauss
8. Martin Zaayman
9. Christy East
10. Marilize de Beer






Well done!!!