Local newsNews

Geloftefeesviering by Paardekraal

Geloftefeesviering word van 13 tot 16 Desember by Paardekraal deur die Verkenners aangebied.

Die jaarlikse Geloftefeesvieringe wat gewoonlik by Paardekraal in Krugersdorp gehou word, sal vanjaar reeds op Saterdagaand 14 Desember begin.

Volgens ‘n pamflet wat by die Afrikaanse Protestante Kerk (APK) in Witpoortjie beskikbaar gestel is, sal daar om 7nm volksliedere om ‘n kampvuur by Paardekraal gesing word. Dit word deur die Paardekraal Verkenners aangebied en volgens Verkenner Sid Mann kan daar van 13 tot 16 Desember op die terrein gekampeer word.

Die hoofverrigtinge is op 16 Desember wanneer ‘n oggenddiens reeds om 6vm by Paardekraal gelei word deur dominee Wimpie Burger van die APK in Krugersdorp. Kollekte sal opgeneem word.

Om 8.45vm is daar samesang, wat gevolg word deur die voorlesing van die 1838 Gelofte. ‘n Geloftediens sal gelei word deur dr JM van Tonder van die Gereformeerde Kerk in Krugersdorp-Wes.

Om 12nm sal Die Stem van Suid-Afrika gesing word.

Mann vertel dat miniatuur Paardekraal-monumente deur Phil Potgieter te koop aangebied sal word.

Vir verdere besonderhede oor die Geloftefeesvieringe, skakel gerus sekretaris At von Well by 082 348 3828.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button