Editor's choiceNewsSchoolsUpdate

Roodies se tegniese afdeling brei uit

Meganiese Tegnologie by die skool aangebied vanaf Jan 2014.

Groot opgewondenheid heers by Hoërskool Roodepoort omdat die skool se tegniese afdeling opgeknap is aangesien die aanbieding van tegniese vakke uitgebrei het.

Piet Crous, adjunkhoof van die skool sê dat die veranderinge ‘n nuwe toekoms vir Hoërskool Roodepoort inlui. “Imperial Automotive het dit moontlik gemaak dat ‘n nuwe vak naamlik Meganiese Tegnologie van Januarie 2014 af by die skool aangebied kan word.

“Leerlinge wat die vak neem het die voordeel dat hulle hul loopbaan by Imperial Automotive kan voortsit nadat hulle Graad 12 geslaag het. Die vennootskap tussen Imperial Automotive en Hoërskool Roodepoort vereis egter dat die leerlinge Wiskunde en Wetenskap saam met hulle ander keusevakke moet neem.”

Crous sê verder, “Ons wil uit ons hart uit vir Sean Fenn, Algemene Bestuurder van Imperial Automotive asook ‘n paar personeellede naamlik Tinus Lindeque (Sake-ontwikkelingbestuurder), Derrick Grobbelaar (Kurrikulumontwikkeling) en Wesley Huntly (Akademiebestuurder) dankie sê”.

Hy beklemtoon dat die sillabus van die Gauteng Departement van Onderwys steeds streng gevolg sal word.

‘n Opedag word vroeg in Januarie 2014 by Hoërskool Roodepoort beplan waarheen hoofde, ouers en leerlinge genooi sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button