EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Bloed, sweet en trane by Cedar Lodge

Van Coke Kartel stel nuwe album bekend, Wes-Randers ken klaar die lirieke.

Die Suid-Afrikaanse punk-veterane Van Coke Kartel het op 2 November by Cedar Lodge opgetree om hulle nuwe selfgefinansierde album, Bloed, Sweet en Trane, bekend te stel.

Die album en lirieke van nuwe treffers het egter geen bekendstelling nodig gehad nie; in so ‘n mate dat Francois van Coke van die verhoog af geskree het, “dit is pragtig dat die Wes-Rand klaar kan saamsing!”.

Alhoewel die manne sterk in die punk-etos glo, was hul vertoning puik afgerond en vol rou rock-energie. Reeds om 8nm af het die getroue Van Coke-aanhangers, met ouderdomme wat van 18 tot 50 gewissel het, Cedar Lodge volgepak. Hulle het die gehoor vermaak met ‘n kombinasie van ou en nuwe treffers sowel as parodieë van volksbesit en ander rock-treffers.

Dit het beïndruk dat, ten spyte van hul hardekoejawel houding op die verhoog, die lede meer as gewillig was om handtekeninge uit te deel en ná die tyd foto’s saam met bewonderaars laat neem het.

Sien foto’s van Van Coke Kartel se optrede hier en hier.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button