MunicipalNews

Durban Deep se water toevoer ondermyn

Inwoners droëbek as gevolg van wanbetalers.

Dit is die tweede agtereenvolgende maand wat die Durban Deep-gemeenskap vir drie dae sonder water sit.

Die eiendom wat onlangs deur ‘n nuwe eiendomsmaatskappy (naam aan Record bekend) oorgekoop is, voer na bewering aan dat hulle die skuld van die vorige eienaars geërf het. Inwoners in die gemeenskap betaal blykbaar hulle water en elektrisiteit rekeninge direk aan die eiendomsmaatskappy en as gevolg van wanbetalers het Rand Water glo die water toevoer na die gemeenskap afgesny.

Een inwoner, Louis van der Westhuizen, het die eiendomsmaatskappy gekonfronteer uit moedeloosheid aangesien inwoners water moet aankoop, by vriende moet gaan bad en reënwater moet opvang om hulle toilette mee te spoel.

“Die maatskappy se antwoorde maak nie vir my sin nie,” sê Van der Westhuizen.

“Hulle sê nou aan ons dat hulle besig is om met Rand Water te onderhandel om net die water na betalers se huise terug toe te voer maar jy kan mos nie huis nommer een se toevoer toedraai en nommer vyf s’n oop nie.

“Slegs groot dele en dan kan daar tog nie so fyn onderskeid getref word van huis tot huis nie,” bevraagteken Van der Weshuizen die oplossing.

Die Record kon nie die betrokke persone by Joburg Water en Rand Water bereik vir kommentaar of ‘n verduideliking nie, en wag ook vir amptelikke kommentaar van die eiendomsmaatskappy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button