EntertainmentLifestyleLocal newsNewsUpdate

Helena Hugo gesels by die Florida Biblioteek

'n Bekende skrywer vermaak haar lesers met agter-die-skerms inligting oor die skryfproses.

Helena Hugo het met gemak met haar aanhangers en ‘n paar nuwelinge tot haar boeke by die Florida Munisipale Biblioteek op Donderdagoggend 24 Oktober gesels.

‘n Klompie belangstellendes het om 10vm in die biblioteek bymekaar gekom. Daar was uitstallings van Helena se vorige boeke en die gesprek het gehandel oor haar werk, karakters en navorsingsprosesse. Sy is tydens die gesprek bygestaan deur bibliotekaris Lylane Bam wat antwoorde rondom die spesifieke leserskap gegee het.

Helena noem die Florida Munisipale Biblioteek as ‘n persoonlike gunsteling, en vertel dat sy as kind haar winters daar deurgebring het.

Johannie Britz, getroue leser van Hugo se boeke, kon nie ophou praat oor haar ondervinding as leser nie.

“Ek kan my vereenselwig met die storie, ek word daardie karakter – Martha, of Ragel, en so aan,” het ‘n opgewonde Johannie verduidelik.

“Dit is nie die tipe fiksie wat jou leeglaat nie.”

Helena is daarvoor bekend dat sy romantiese verhale skep wat teen ‘n interessante agtergrond afspeel – hetsy ‘n afgeleë dorpie of voorstad. Sy het aan die Record verduidelik dat haar agtergrond as aktrise en die dramastudies wat sy voltooi het, haar werklik voorberei het vir skryf. Sy werk tans vir ‘n radiostasie by die SABC, waarvan een radioprogram, Swane, in 2006 ‘n ATKV Veertjie gekry het. Sy was ‘n skrywer van hierdie radiodrama wat oor selfmoord handel.

“Drama het ons geleer om op te let – as ek skryf, moet ek ook daardie karakters word.

“Elke stukkie navorsing kom wel nie in jou boeke nie, wat jy moet die storie vertel terwyl die navorsing slegs as ondersteuning dien.”

Vir die Record-joernalis was dit interessant dat Helena nie haar fiktiewe wêrelde by name noem nie, wat dikwels op regte plekke gebaseer is. Sy voel dat so ‘n naam te naby aan lesers se werklike verhale, of die regte naam of regte gebeurtenisse in ‘n gebied kan kom.

“Op die ou end gaan elke verhaal, of dit nou om moord of romanse of drama draai, uiteindelik oor die mens en sy liefde.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

One Comment

Back to top button