Witpoortjie CPF het weer groot Kersfees planne
Kersvader op trok bevestig, Kersboom-geleenthede iets nuut.
Inwoners van Groblerpark, Lindhaven, Witpoortjie, Reefhaven en Princess kan beslis na Desember uitsien aangesien die Witpoortjie CPF hul Kersfeesplanne bekendgemaak het.
Volgens Christine Brits van die Witpoortjie CPF sal Kersvader weer op ‘n trok vanaf 8vm op 7 Desember rondrits en geskenke uitdeel.
“Paaie waar hy sal ry sluit in Trezona, Generaal Pienaar, McGrath, Oranje, Dromedaris, Dirkie Uys, Corlett, Suidweg en Progress.”
‘n Nuwe Kersboom-geleentheid is nuut hierdie jaar en sal om 12nm by Framandas op Prosperityweg in Groblerspark gehou word.
Die volgende inligting word benodig voor Woensdag 30 Oktober (slegs lede):
• Aantal kinders 0 tot 12 jaar
• Aantal mense 13 en ouer wat Kersboom gaan bywoon
• Ouers word versoek om ‘n geskenk van R50 per kind te koop, dit toe te draai en die kind se naam duidelik in drukskrif daarop te skryf.
• Geskenke moet teen 6nm Sondag 1 Desember ingehandig wees.
• Indien julle weet van minderbevoorregtes laat weet hulle ook dadelik (aantal kinders, ouderdom en geslag).
• Navrae: Skakel Christine by 082 576 0504.



