Florrie-atlete 16de uit 45 in Mookgophong
Seuns eindig saam algeheel 15de en dogters 25ste.
‘n Algehele 16de plek vir Hoërskool Florida uit 45 deelnemende skole tydens die Top 20 Atletiekbyeenkoms in Mookgophong (Naboomspruit) die afgelope naweek beteken dat Florrie-atlete witwarm en beslis lus is vir die nuwe seisoen.
Nie net het Florries 10 plekke gespring in vergelyking met hul vertoning in 2012 (van 26ste tot 16de) nie, maar hulle dit duidelik gemaak dat hulle geen opponent vrees nie en dat dit hulle nie afskrik om ver te reis en te kompeteer nie. Die byeenkoms is deur Hoërskool Hans Strijdom aangebied.
Die algehele 16de plek vir Florries kom nadat die seuns saam die 15de en dogters die 25ste plek behaal het.
Uitblinkers en medaljewenners vir Florries gedurende die twee dae se kompetisie (Vrydag 11 tot Saterdag 12 Oktober) was David Cary, Justin Bhana, die susters Marli en Stefanie van Niekerk asook Elzabith Loots.
Uitslae:
Plekke:
• David Cary: 3de in die 300m hekkies vir seuns o.14 – 41,62 sekondes (878 punte)
• Justin Bhana: 3de in die 100m vir seuns o.17 – 10,85 sekondes (1 004 punte)
en, 3de in die 200m vir seuns o.17 – 21,57s (993 punte)
• Marli van Niekerk: 2de in die hoogspring vir dogters o.14 – 1,55 meter (955 punte)
• Elizabith Loots: 2de in diskus vir dogters o.17 – 38,15 meter (816 punte)
• Stefanie van Niekerk: 2de in die verspring vir dogters o.17 – 5,21 meter (812 punte)
Bo 900 punte
• Jarred Keir: Hoogspring vir seuns o.14 – 1,70 meter (959)
• Chris Pietersen: 100m vir seuns o.14 – 11,41 sekondes (971)
en, 200m vir seuns o.14 – 24,15 sekondes (931)
• Kyle van Huyssteen: 100m vir seuns o.16 – 10,85s (955)
en 200m vir seuns o.16 – 22,59s (963)
Bo 800 punte
• Ivan Chapman: 800m vir seuns o.15 – 2 minute en 6,28 sekondes (872)
• David Cary: Verspring vir seuns o.14 – 5,35 meter (895)
• Donovan Fourie: Diskus vir seuns o.14 – 37,20 meter (820)
• DP van den Berg: Hoogspring vir seuns o.15 – 1,70 meter (864)
• Elizabith Loots: Gewigstoot vir dogters o.17 – 12,46 minute (816)



