School sportSport
Drie van Bastion in Gauteng-Wes-jukskeispan opgeneem
Graad 11-leerlinge gekies om provinsie tydens SA's trots te maak.
Clarista du Toit, Rochelle Roodt en Jodene Malan, al drie Graad 11-leerlinge van Hoërskool Bastion sal gedurende die skoolvakansie vir die o.19-Gauteng-Wes-jukskeispan in aksie wees en hul provinsie trots maak.
Daar sal hulle teen ander provinsies te staan kom en hulle staal moet wys tydens die Suid-Afrikaanse Jukskeikampioenskappe.
Jukskei is glo ‘n bekende sport onder Afrikaners vir meer as 270 jaar. Volgens Jukskei SA se amptelike webwerf, www.jukskei.co.za het die sport in 1734 begin.



