Local newsNews

Hoe meer haas hoe minder … petrolpomp?

Oorhaastige drywer maak amok by vulstasie.

Die oggend van 4 September net na 8vm het ‘n vragmotor meer as net weggetrek – hy het ‘n petrolpomp omgetrek.

‘n Leser wat net as JC aan die Record bekend is, het gesien hoe ‘n swaar vragmotor wat besig was om diesel in te neem, voortydig weggetrek het. Aangesien niemand by die Engen-vulstasie op die hoek van Corlettweg en Javastraat wou kommentaar lewer nie is dit onduidelik onder watter omstandighede die voorval plaasgevind het.

Die vragmotor het wel daarna stilgehou maar dis onseker wat die uiteinde van die saak was. Foto’s wat die Record ontvang het, toon duidelik dat die vragmotor nie ‘n nommerplaat agter gehad het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button