Mauritz en Chrissie Lombard het in 1983 die belangrike eerste tree gegee en Lombard Bande begin. Die onderneming vier dus vanjaar hul 30ste bestaansjaar.
Alhoewel die eerste Lombard Bande-tak in Krugersdorp-Wes was, spog die besigheid vandag met vele takke aan die Wes-Rand, onder meer drie in die groter Roodepoort-area, Randfontein en Randburg, en takke so ver as Pretoria en Potchefstroom. Die een kleinhandelwinkeltjie het uitgebrei tot 19 kleinhandelwinkels regoor Gauteng.
“Lombard Bande is trots om hierdie mylpaal van 30 jaar in die bandebedryf te bereik,” het Yolandi Heyns, bemarkings- en kommunikasiebestuurder vir die Record vertel.
Ter viering van hulle sukses en verjaarsdag het Lombard Bande in Junie verskeie inisiatiewe geloods, onder meer om gratis veiligheidstoetse op die bande, batterye en skokbrekers van Key West-kliënte se voertuie te doen. Vele bestaande en nuwe kliënte het by hierdie ‘Die 30 Dae van Veiligheid’-inisiatief gebaat. Buiten die toetse is gratis gholfkarretjieritte van die winkelsentrum af tot by hulle voertuie in die parkeerarea vir die kliënte aangebied.
“Ons besef dat oorgerustheid groot gevaar kan inhou, maar ons dinamiese maatskappy en innoverende, kreatiewe bestuurspan het reeds planne om vir nog dertig jaar en meer te groei en suksesvol te wees.”



