School sportSport
Dellies-atlete haal Roodepoort-span
Een in aksie dié naweek tydens D12 Kampioenskappe.
Laerskool Generaal De La Rey is trots op drie van hul landloopatlete wat die Roodepoort-span tydens ‘n onlangse atletiekskouspel verteenwoordig het.
Austin Adams het met ‘n tweede plek in die 4km vir seuns o.13 met ‘n tyd van 13 minute en 12 sekondes gespog terwyl Cindy-Lee van der Linde in die 3km vir dogters o.13 (10 minute en 51 sekondes) en Sonique Basson (nege minute en agt sekondes) in die 2km vir dogters o.10 ‘n 21ste plek behaal het.
Austin hardloop Saterdag 7 September by die Ruimsig Atletiekstadion as lid van die D12-span.
Die skool wens hom sterkte toe.



