NewsSchools

Trane loop tydens Havies se revue-aand.

Ongelooflike humor en ritmiese danspassies slegs 'n paar hoogtepunte.

Laerskool Dr Havinga se revue-skouspel, bekend as A Havie Kind of Magic, se eregaste-aand op Donderdag 29 Augustus was presies dit – Magic.

Mens moet in die eerste plek jou hoed afhaal vir die hoofkarakter, Dolfie (Adolph Louw) vir sy uitstaande humor. Die trane het omtrent van ouers se wange afgerol elke keer as die man op die verhoog verskyn het. Kontrakte in Hollywood is beslis sy voorland.

Natuurlik moet die ander hoofkarakter Frik (Abgelo Liut), die storievertellers Laurell (Johann Waldeck) en Hardy (JW Potgieter) ook erkenning kry vir hulle bydrae tot die revue, asook die dekorspan vir hul puik werk met die portaal.

Laaste maar nie die minste nie is die oulike choreografie wat Havies-leerlinge almal mee vermaak het.

Die kinders wat ure aaneen met oorgawe geoefen het, het op die aand alles behalwe teleurgestel. Kleurvolle karakters, ritmiese bewegings, polsende musiek en ligte het die gehoor beslis na ‘n droomwêreld weggevoer. Die harde werk deur afrigters en die lang aande van hard oefen het vrugte afgewerp.

Die revue het alles gehad. Daar was musiek uit die oude doos reg deur tot modern. Afrikaanse treffers soos Heidi, Kaptein, Baby Tjoklits, Bok van Blerk se De La Rey, Walt Disney-treffers soos A Whole New World uit Alladin, Hakuna Matata uit Lion King en Kiss the Girl uit Little Mermaid; 60’s-, 70’s- en 80’s-treffers soos Proud Mary, Footloose, Jitterbug, Let’s twist again en die eenvoudige rugby-treffers soos die Blou Bul-liedjie, Hier kom die Bokke, moderne musiek soos I gotta feeling, I like to move it en Gangnam Style asook ‘n paar treffers van die Koning van rock en roll, Elvis – wat die personeel nogals moes doen.

Vir dié wat dit misgeloop het, moet jou nie bekommer nie want alles is op ‘n DVD opgeneem. Die DVD sal by die skool beskikbaar wees.

• Navrae: Laerskool Dr Havinga by 011 769 1670.

IMG_5070 (Medium) IMG_4997 (Medium) IMG_5264 (Medium) IMG_5300 (Medium) IMG_5313 (Medium) IMG_5418 (Medium) IMG_5436 (Medium) IMG_5609 (Medium)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button