School sportSport

Menlopark se dominansie in Hoërskole-reeks duur voort

Pretorianers slag Volkies 60-0.

Menlopark se dominansie in die Roodepoort Rugbyklub se Hoërskole-reeks het op dag agt voortgeduur nadat hulle vir Potch Volkskool met 60-0 slae gegee het.

Die span van Pretoria was weereens onstuitbaar in hul laaste kragmeting van Groep B in Afdeling A, en van die afskop af was Potch Volkskool in die moeilikheid. Menlopark se voorspelers het met die eerste duikslag hard ingeklim en die manne van Potchefstroom se broeke laat bewe, wat tot ‘n aanslaan gelei het. Die agsteman het die bal toe opgepik en na ‘n paar fases is die eerste spyker in die doodskis geslaan toe die stut oorgaan vir die span se eerste van nege drieë.

Hierdie spog oorwinning beteken dat Menlopark gemaklik vir die uitspeelrondte gekwalifiseer het. Hul is boaan die Groep se punteleer met 16 punte. Hulle het 150 punte aangeteken en slegs sewe afgestaan. Daar is geen twyfel nie dat hulle goed afgerig en duidelik hier in Roodepoort is om ‘n trofee huis toe te bring.

Die loesing het vir Potch Volkskool beteken dat hulle nie vir die beker van die reeks in aanmerking kan kom nie.

Florries het intussen ook vir die uitspeelrondtes van die beker gekwalifiseer nadat hulle later die aand met 39-8 met Noordheuwel afgereken het.

In ‘n interessante Afdeling C-kragmeting tussen twee Engels-medium skole het Allen Glen vasgebyt om vir Krugersdorp High naelskraap met 16-15 te klop.

Die nederlaag is ‘n groot terugslag vir Allen Glen en nogal ‘n verrassing aangesien dit hulle was wat eerste en laaste gaan druk het. Dit was nietemin Allen Glen wat die laaste gelag het. Hul taak om te kwalifiseer het egter moeiliker geraak omdat hulle nog teen HTS Nic Diederich, die voorloper in Groep, moet speel.

Florida XV 0-13 HTS Carel de Wet.
Florida XV 0-13 HTS Carel de Wet.
Allen Glen 16-15 Krugersdorp High.
Allen Glen 16-15 Krugersdorp High.

IMG_1734 (Medium)

 

Verdere uitslae op dag agt van die Hoërskole-reeks (Woensdag 7 Augustus):

• Allen Glen 16-15 Krugersdorp High

• Florida XV 0-13 HTS Carel de Wet

• Bastion XV 73-13 Vorentoe

• Potch Volkskool 0-60 Menlopark

• Marais Viljoen 53-0 Kempton Park

• Bastion o.15 2-39 Potch Volkskool o.15

• Florida 39-8 Noordheuwel

 

Bepalings vir 12 Augustus:

• Fourways teen President XV

• Randpark High teen Kagiso

• Bastion teen Trinityhouse

• Allen Glen o.15 teen Kagiso o.15

• HTS Nic Diederichs teen Krugersdorp High

• Bryanston teen Bastion XV

• Riebeeckrand teen AH Sasolburg

• Linden teen Noordheuwel XV

• Bekker teen Roodepoort

 

Uitslae tot en met Dinsdag 6 Augustus:

Maandag 22 Julie:

• Vorentoe 18-15 Bryanston

• Monument 16-9 Marais Viljoen

• HTS Witbank 21-5 Kempton Park

• Potch Volkskool 18-8 Noordheuwel

• Noordheuwel XV 5-13 Trinityhouse

• Bracken High 5-0 Die Burger

• Krugersdorp High 21-5 Fourways

• Monument o.15 15-2 Bastion o.15

• Jan Viljoen 4-16 HTS Carel de Wet

• Bekker o.15 46-8 Allen Glen High o.15

 

Woensdag 24 Julie:

• Alberton High 26-8 Bastion XV

• Bastion 39-2 HTS Elspark

• Monument o.15 23-16 Potch Volkskool o.15

• Vorentoe 10-5 Elsburg

• Bekker o.15 51-0 Die Burger o.15

 

Vrydag 26 Julie:

• Primrose 44-7 Queens

• HTS Carel de Wet 32-13 Grenswag

• Noordheuwel XV 0-34 Bastion

• Fourways 26-18 Allen Glen High

• President XV0-32 HTS Nic Diederichs

 

Maandag 29 Julie:

• Alberton High 44-20 Vorentoe

• Jan Viljoen 31-16 Grenswag

• HTS Rustenburg 8-57 Menlopark XV

• Die Burger o.15 26-5 Kagiso o.15

• Randpark 16-2 Queens High

• Bracken High 0-50 Fochville

 

Woensdag 31 Julie:

• Fochville 53-0 Elspark XV

• HTS Rustenburg 15-8 Sasolburg

• HTS Elspark 5-55 Linden

• Monument 22-16 HTS Witbank

• Allen Glen 2-14 HTS Nic Diederichs

• Primrose 34-0 Kagiso

• Bekker 13-5 Alberton

• President 16-18 Roodepoort

 

Vrydag, 2 Augustus:

• President XV 5-50 Krugersdorp High

• Queens High 40-0 Kagiso

• Alberton High 42-10 Bryanston

• HTS Nic Diederichs 15-10 Fourways

• Florida XV 39-28 Grenswag

• Menlopark 18-5 Florida

 

Maandag 5 Augustus:

• Potch Volkskool 10-38 Florida

• Primrose 0-32 Randpark High

• HTS Witbank 13-8 Marais Viljoen

• Florida XV 5-45 Jan Viljoen

• Linden 50-5 Trinityhouse

• Allen Glen 51-0 President XV

• Monument 55-0 Kempton Park

• AH Sasolburg 8-62 Menlopark XV

• Menlopark 72-2 Noordheuwel

 

Dinsdag 6 Augustus:

• Kagiso o.15 0-61Bekker o.15

• Allen Glen o.15 26-18 Die Burger o.15

• Bekker 42-0 President

• HTS Rustenburg 0-20 Riebeeckrand

• Alberton 8-29 Roodepoort

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button