Meubels en hout is Jaco Els se passie, stokperdjie en bron van ekstra inkomste aangesien sy vrou Helene Els kanker het en nie kan werk nie.
Toe hy die middag van 17 Julie met ‘n vrag dwarslêerhout (sleeper wood) by die huis kom, het hy dit reg voor sy huis afgelaai en was hy haastig om terug werk toe te keer. Volgens mevrou Els was dit omstreeks 12nm.
Toe Els se vrou by die huis kom nadat sy uit was, omstreeks 2nm, het hy sy vrou laat weet om ‘n ogie oor die 15 stukke hout te hou. Groot was haar ontnugtering toe sy buite kom en die hele vrag swaar hout was weg.
Mevrou Els reken dat die diewe dus helder oordag doodluiters hul daad gepleeg het.
Volgens ‘n ooggetuie het ‘n grys man met ‘n baard en twee jonger mans met ‘n wit bakkie gestop en die hout opgelaai.
Indien enige iemand enige inligting rakende die hout of diewe het, kan hulle die Record se kantoor by 011 955 1130 kontak.



