Local newsNews

Roodepoort posbusse verhinder

Roodepoorters is omgekrap oor 'n sterk klankie by die poskantoor.

Inwoners se gereelde afhaal van pos is verhinder by die Witpoortjie poskantoor.

Inwoners en gereelde besoekers aan die poskantoor het die Record gekontak met hul klagtes oor ‘n sterk urine reuk in die posbus gedeelte van hierdie klein kantoortjie.

Hoewel die poskantoor in Mindalore winkelsentrum geleë is, is Roodepoorters van die area alewig te sien in en uit beweeg vir pos en die betaal van rekeninge.

Volgens klagtes is die reuk ondraagbaar in die vroeë oggendure wanneer meeste werkendes pos moet afhaal.

“Die gevolg is dat ek maar eerder die afhaal van my pos opsy skuif vir volgende keer, en dus dat my pos daar ophoop,” kla een inwoner.

Die Record het ondersoek gaan instel. Buiten die algehele agteruitgang van die winkelsentrum se parkeerterrein is geen afbrekende reuke aangetref nie.

Met die neem van foto’s is die sekuriteitswag dadelik aan die joernaliste se hakke om vas te stel waarvoor dit is.

“Ek werk soggens van 6 vm hier en loop eers 4.30 nm,” vertel sy, en verduidelik dat sy nooit kalante wat sulke dade pleeg, daar aan tref nie.

Die Record gesels toe met takbestuurder Violet Kutane, wat verduidelik dat dit ‘n gereelde probleem geword het.

“Ek is al vele kere voorgekeer met sulke klagtes maar ons probeer maar elke oggend skoonmaak voordat mense hier instap.

“Dit was ‘n gereelde ding ‘n tydjie gelede maar ek het geen klagtes daarvan onlangs ontvang nie.”

Kutane het toe gesê dat sy nog altyd agterdog het aan die gereelde klante van die nabygeleë kroeg.

‘n Moontlike oplossing blyk ‘n moeilike taak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button