Local newsNews

Jollige kroeg ontstel bure

Bekende familierestaurant nou as nagklub uitgekryt.

Die Waenhuis Restaurant, wat veral bekend is vir sy dekor wat uit artefakte uit die Afrikaner-geskiedenis bestaan, los glo reeds vir ‘n geruime tyd ‘n slegte smaak in die nabye bure se monde.

Volgens inwoners en e-poste wat aan die Record deur Raadslid Carl Mann gestuur is, funksioneer die restaurant nouliks as ‘n eetplek en het dit in ‘n kroeg en selfs nagklub getransformeer.

Die twee grootste klagtes is geraas en die manier waarop klante die straat vol parkeer wat inwoners verhoed om toegang to hul eie erwe te kry.

Blykbaar is Maandae, Woensdae en Vrydae die ergste vir die bure aangesien musiek kliphard tot na middernag speel. Woensdae-aande is boonop karaoke-aand en Vrydae is daar lewendige optredes. Dit alles te midde die rustige woonbuurt.

Volgens sommige klaers was JMPD net een maal daar en het op ‘n ander geleentheid botweg geweier om op te tree en aan die klaer gesê om ‘n ander oplossing vir die probleem te vind.

Die Record het telefonies met die eienaar, Frik Schutte gepraat wat al die aanklagte ontken. Hy het wel erken dat die restaurant deesdae net oop is indien klante bespreek. Schutte het ook die Record genooi om self ondersoek te kom instel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button