Local sportSport
Bastion-skuts palm sakke vol medaljes in
As gevolg van die Covid-19-pandemie is die volgende rondte tot verdere kennisgewing uitgestel.
Hoërskool Bastion-skuts, Michael Berning en Juanco van der Walt het vanjaar hulle talente tydens die Noord-Gauteng Kampioenskappe in die .22-geweerafdeling ten toon gestel.
Michael het in die 3P-presisieklas ‘n silwermedalje ingepalm. In die C-klas het hy in die eerste rondte ‘n silwer-, die tweede rondte ‘n goue-, en ‘n algehele gouemedalje vir sy prestasies verower. In die skoliere-afdeling het hy ‘n gouemedalje gekry, en in die juniorafdeling het hy ‘n silwermedalje losgeskiet.
Juanco het ‘n silwermedalje in die skoliere-afdeling asook ‘n bronsmedalje in die juniorafdeling gewen.
As gevolg van die Covid-19-pandemie is die volgende rondte tot verdere kennisgewing uitgestel.



