Local newsNews

AfriForum skenk duisende bottels handreiniger

Meer as 50 vyfliterbottels met handreiniger en 540 gesigmaskers is aan verskeie takke gelewer om in hul gemeenskappe te gaan versprei waar daar nood is.

AfriForum se takke aan die Wes-Rand het onlangs handreiniger en gesigmaskers ontvang om hulself en die gemeenskap teen Covid-19-besmetting te help beskerm.

AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, Dewet Ungerer, het vertel dat hulle onlangs ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens hulle 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk het. Meer as 50 vyfliterbottels met handreiniger en 540 gesigmaskers is aan verskeie takke afgelewer sodat dit in gemeenskappe uitgedeel kan word waar daar nood is.

AfriForum het ook ’n verdere 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigmaskers na sy 53 takke in die Noordstreek versprei om gemeenskappe te help.

Westonaria se elektrisiteitsafdelingpersoneel met hul maskers en handreiniger.

“AfriForum se takke bied deurlopend bystand aan hul gemeenskappe om te verseker dat hulle die nodige hulp kan ontvang om die verspreiding van Covid-19 te help voorkom,“ het Dewet gesê.
Die Randfontein- en Westonaria-tak het reeds reiniger en maskers aan die elektrisiteitsafdeling en die verkeersdepartement oorhandig. Die Roodepoort- en Krugersdorp-tak beplan ook om van die voorraad verder in hul gemeenskappe te versprei.
AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die staat van inperking en Covid-19 te kry.
Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45341 (R1).

AfriForum-lede in Westonaria tydens die oorhandiging daar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button