School sportSport
Florrie-fietsryers trap rowwe roetes van die GCXO-wedren
Die vier leerders het op verskeie vlakke in hulle onderskeie ouderdomsgroepe presteer.
Vier van Hoërskool Florida se fietsryers het tydens die GCXO-wedren wat op Saterdag, 14 Maart plaasgevind het, stof in die ander deelnemers se oë geskop.
Joshua Smuts, ‘n Graad 12-leerder en Ben Carpenter, ‘n Graad 9-leerder het aan die fietsren op die Thaba Trails deelgeneem. Joshua het in die algehele 11de plek, en Ben in die 15de plek geëindig. Twee ander tuisonderrigleerders van Hoërskool Florida, Jessica de Villiers en JD de Villier het goed presteer. Jessica het in die algehele tweede plek en JD in die algehele 13de plek in hulle onderskeie ouderdomsgroepe geëindig.




