School sportSport
D12-atlete skitter in Ruimsig
Atlete het hul beste gegee in die onderskeie baan- en velditems – van hekkies tot verspring.
Talentvolle en trotse atlete het die Ruimsig Stadion op Dinsdag, 3 Maart gevul tydens die jaarlikse D12-atletiekkampioenskappe.

Atlete van onder andere Trinityhouse Primary School, Laerskool Roodekrans, Laerskool Horison, Laerskool Helderkruin, Laerskool Florida en Laerskool Dr Havinga het meegeding om ‘n plek in die Gauteng-atletiekspan te haal.
Atlete het hul beste gegee in die onderskeie baan- en velditems – van hekkies tot verspring.

Hulle is deur die gejuig van die toeskouers gemotiveer om hul beste te gee om moontlik hul provinsie later tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te verteenwoordig.




