School sportSport
Laerskool Roodekrans-atlete dra sakke vol medaljes weg
Roodies-atlete het 112 medaljes verdien.
Laerskool Roodekrans het op 17 Februarie die jaarlikse Kluster A-atletiekbyeenkoms by Ruimsig Stadion aangebied. Atlete van sewe skole het die geleentheid gehad om hul talente ten toon te stel.
Roodies is baie trots op die 55 goue-, 33 silwer-, en 24 bronsmedaljes wat hul spogatlete tydens die byeenkoms ingepalm het.
Op 25 Februarie het 58 Roodie-atlete aan die Roodepoort Kampioenskappe in die Ruimsig Stadion deelneem.




