NewsSchools

Bastion se toppresteerders kry erkenning

Die akademiese toppresteerders van 2019 is tydens ‘n spoggeleentheid vereer

Hoërskool Bastion se akademiese toppresteerders vir 2019 is onlangs by ‘n spoggeleentheid vereer.

Tydens die akademiese lourieraand, wat by die NG Kerk Culembeeck gehou is, het die Graad 8- tot 11-leerders erkenning gekry vir hul uitstekende akademiese prestasies in die vorige jaar.

Chandré Boshoff (in die rooi) is as Graad 8 se Dux-leerder aangewys.

Die aand is op ‘n gepaste wyse begin met ‘n boodskap van dominee Stian Bloem. Daarna het Johan Harmse die ouers, leerders en onderwysers toegespreek. Met sy fyn humor het hy verseker dat almal sy motiveringsboodskap lank sal onthou.

Dominee Stian Bloem het die aand op ‘n gepaste wyse geopen.

Die leerders se prestasies is met blou-, silwer- en gouesertifikate beloon, asook met erekleure en rooi, silwer en goue balkies. Trofeë vir die beste prestasies in elke vak is ook uitgedeel, en die Top 20, asook die duxleerders vir elke graad is aangewys.

Die duxleerders is:

• Graad 8 – Chandré Boshoff

• Graad 9 – Deidré van der Merwe

• Graad 10 – Armand Horn

• Graad 11 – Chezaan Gericke

Alhoewel elke prestasies en leerder wat daarvoor erkenning ontvang het, gespreek het van harde werk en deursettingsvermoë, was daar een leerder wat werklik uitgestaan het.

Deidré van der Merwe, wat verlede jaar in Graad 9 was, het al nege vaktrofeë ontvang. Deidré het vir al haar vakke 80 persent of meer gehandhaaf, en kon met ‘n gemiddeld van 89,89 persent spog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button