School sportSport
Kruiners se kaskarre was die wêreld vol
Vanjaar moes elke klas dié dag 'n spesifieke land uitbeeld.
Nie eers die bloedige son op Saterdag, 1 Februarie kon die leerders se geesdrif tydens Laerskool Helderkruin se jaarlikse kaskarwedren demp nie.

Elke klas moes dié dag ‘n spesifieke land uitbeeld deur hul kaskar en opslaantent daarvolgens te versier, en die gepaste klere dra. Japan, Turkye, Egipte en Amerika was van die lande wat uitgebeeld is.

Die tema van die kaskar-fondsinsamelingprojek is nie net deur die leerders se kleredrag en kaskar uitgebeeld nie, maar ook deur die kosstalletjies. Die Kruiners het ‘n verskeidenheid van Texas-burgers, Mexikaanse nachos, Yslandse koue slush puppies en vele meer gebied vir almal wat die dag saam met hulle geniet het.












