Local sportSport

Werna Netbalklub maak reg vir aksie

Die Werna Netbalklub oefen Dinsdae vanaf 7nm by die bane, en nooi alle spelers uit om by hulle aan te sluit.

Netbalspelers, kry julle tekkies reg, want die Werna Netbalklub nooi almal uit om aan hul jaarlikse klubproewe op 11 Februarie vanaf 7nm deel te neem.

Die proewe word by die Werna Netbalklub in Generaal Pienaarlaan gehou. Spelers van 16 jaar en ouer kan deelneem en by die klub aansluit. Die gelde is R250 per jaar vir lede van 18 jaar en jonger, en R500 per volwassene. Dit sluit registrasiegeld in.

Netbalspelers word genooi na die Werna-proewe.

Die klub oefen Dinsdae vanaf 7nm by die bane, en nooi alle spelers uit om by hulle aan te sluit.

Vir meer inligting, kontak Ella Page by 072 789 9949, Bernice Schultz by 084 504 1302 of stuur ‘n epos na ella@scamont.co.za of bernicester@gmail.com.

Related Articles

Back to top button