Local newsNews

Kapelane gee hulle hart al dekades vir die gemeenskap

Die goedhartige kapelane reik al vir meer as 20 jaar hulle hande uit na ander

Jeanette en Lukas Visagie, is onlangs as Eerbare Lede van die Nood Dienste Kapelane van Suid-Afrika vereer. .

Lukas, wat sy roeping as kapelaan in 1997 begin volg het, en Jeanette wat in 2003 as kapelaan begin het, het verduidelik dat, na jare se gemeenskapswerk en berading in ander velde, hulle besluit het om eendag die kapelane by Florida Park High School te gaan ontmoet. Na daardie ontmoetingm was die koeel deur die kerk en die res is, soos die spreekwoord lui, geskiedenis.

Jeanette en Lukas Visagie hou hulle toekennings met trots saam met hulle geliefde brandweermanne op. Foto: Halisje Crous.

Jeanette het verduidelik dat na ‘n rowwe pad in haar lewe, sy haar hart vir die kapelane gegee het. Na ‘n vorige huwelik en die lewe as ‘n alkholis, het sy op die punt gekom van opgee. “My eerste man was ‘n alkholis. Ek het genoeg gehad, en het na alkholisme toe gedraai. Ek onthou nog die een dag wat ek na werk huis toe gegaan het, my man was weereens dronk en besig om sy roes op die bank af te slaap. Dit het my moedeloos gemaak en ek het ‘n bottel whiskey gevat en dadelik net begin drink. Ek het toe by my woonstel se venster, wat op ‘n hoë verdieping was, gestaan, en ek kan onthou ek het nog net iets gesien verby val. Toe ek afkyk, het ek brandweermanne by die persoon wat van die gebou afgespring het en selfmoord gepleeg het, gesien. Daarna het die dronk-ek, by my woonstel venster uit gespring. Ek weet nie wat het gebeur nie. Ek het in die nou paadjie tussen die geboue in geval, en tot vandag toe weet ek nie hoe die brandweerman my daar uit gekry het nie. Ek kan onthou hoe die man my kom red het, en my hospitaal toe gevat,” het sy verduidelik. Sy het bygevoeg dat sy ‘n ruk daarna haar eerste man aan die dood afgestaan het, en dat God Lukas op haar pad gestuur het. “Ek is nou al 33 jaar alkohol vry. Ek is ook al 33 jaar by sendingwerk betrokke,” het sy gesê.

Jeanette en Lukas gee vandag terug aan die gemeenskap deur berading vir mishandelde vroue en kinders, getraumatiseerde pasiënte van ongelukstonele en aanvalle, by die Polisie en Brandweer aan te bied. Hulle help ook uit by die nie-winsgewende organisasie, Champions for Change.

“Die brandweermanne het hulle lewe opgeoffer om my lewe te red, en ek gee nou my lewe vir hulle. Daar is altyd hoop, Jesus is die een wat my gered het,” het Jeanette gesê.

Die goedhartige kapelane reik vir meer as 20 jaar hulle hande uit na ander, sonder enige vergoeding. “Dit is nie ons werk nie, dit is ons roeping en ons passie,” het die twee afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button