Local newsNews
Culembeeck-gemeente gee by hul fees
Mense wat dit nodig gehad het, het 'n aantal kaartjies ontvang om hul benodighede by die stalletjies te 'koop'.
Die NG Culembeeck-gemeente het hulle jaarlikse Dank en Gee Fees op 24 November by die gemeente gevier.
Roodepoorters het klere, huisware, toiletware, CD’s, kos en vele meer vir die onderskeie stalletjies aan die gemeente geskenk. Mense wat dit nodig gehad het, het ‘n aantal kaartjies ontvang om hul benodighede by die stalletjies te ‘koop’.

“Die Dankfeestradisie is al jare deel van ons gemeente. Ons het egter besef dat ‘gee’ van die hele gemeenskap af moet kom. Ons is dankbaar dat so baie van ons Gee Fees-skenkings dié jaar uit die groter gemeenskap gekom het. Dit was ‘n groot sukses en ons kon heelwat gesinne bereik,” het Riaan Nel, die feesorganiseerder gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



