School sportSport

Horie-leerder kry groot toekenning

Sy was 'n lid van die eerstehokkie- en eerstenetbalspan, en het Gauteng-kleure vir atletiek en netbal verwerf.

Kiara van Eeden, ‘n Graad 7-leerder van Laerskool Horison, is by vanjaar se Johannesburg-Wes Sport en Kultuurtoekenningsaand as die Distriksportdogter van die Jaar aangewys.

Kiara het deur die jaar op sportgebied uitgeblink. Sy was ‘n lid van die eerstehokkie- en eerstenetbalspan, en het Gauteng-kleure vir atletiek en netbal verwerf.

Tydens Laerskool Horison se jaarlikse prysuitdeling is sy as die Netbalspeler van die Jaar, asook die Sportdogter van die Jaar aangewys. Sy het boonop die Victrix Ludorum-toekenning ontvang.

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button