School sportSport
Horie-leerder kry groot toekenning
Sy was 'n lid van die eerstehokkie- en eerstenetbalspan, en het Gauteng-kleure vir atletiek en netbal verwerf.
Kiara van Eeden, ‘n Graad 7-leerder van Laerskool Horison, is by vanjaar se Johannesburg-Wes Sport en Kultuurtoekenningsaand as die Distriksportdogter van die Jaar aangewys.
Kiara het deur die jaar op sportgebied uitgeblink. Sy was ‘n lid van die eerstehokkie- en eerstenetbalspan, en het Gauteng-kleure vir atletiek en netbal verwerf.
Tydens Laerskool Horison se jaarlikse prysuitdeling is sy as die Netbalspeler van die Jaar, asook die Sportdogter van die Jaar aangewys. Sy het boonop die Victrix Ludorum-toekenning ontvang.




