School sportSport
Horison-ruiter trap diep spore by die SANESA nasionale toernooi
Sy kompeteer met deelnemers van 25 ander skole by die SANESA Nasionale Newcomers Challenge en ontvang twee rosette
Bea-Anne Ehlers, ‘n Graad 3-leerder van Laerskool Horison, het stof in haar opponente se oë geskop tydens die South African National Equestrian School Association (SANESA) National Newcomers Challenge, wat by Misty Meadows in Pretoria gehou is.

Sy het die volgende prestasies behaal:
• Twaalfde plek in haar Equitation-klas met ‘n punt van 31.5 uit 40
• Roset vir bywoning
• Roset vir plasing
• SANESA-balkie
• SANESA-deelnamesertifikaat




