School sportSport

Havies spog met hulle kampioenhokkiespan

Die span het op 21 Oktober aan die proewe vir die D12-spanne deelgeneem, waartydens drie van die o.11A-spelers vir die D12-span gekies is

Laerskool Dr Havinga spog vanjaar met hulle o.11A-hokkiebokkies wat hul seisoen op ‘n hoë noot afgesluit het.

Die span het op 12 September by Hoërskool Bastion in die D12-finaal gespeel en het as wenners uit die stryd getree. Hulle is ook as die D12-kampioene aangewys.

o.11A-hokkiespan vier hul oorwinning. Foto: Verskaf.

Drie van die spelers, Morgan Reedijk, Anuska en Anaska Rosslee het aan die D12-uitdunne deelgeneem. Al drie spelers sal deel vorm van aanstaande jaar se D12-span.

Die o.11A-hokkiespan bestaan uit die volgende spelers:

• Caitlyn van Tonder

• Nicole Klopper

• Chantune Kraft

• Mia Khourie

• Morgan Reedijk

• Anuska Rosslee

• Anaska Rosslee

• Delana Lubbe

• Mickayla Kellet

• Kayleen Parau

• Marcel Wagenaar

Afrigters:

Elri Coetzee en Mariska van Wyk

Related Articles

Back to top button