Local newsNews

Help om die behoeftiges se Kersfees op te kikker

Enige benodigdhede, soos toiletware en kruideniersware, of 'n finansiële skenking is baie welkom.

 

Die tyd van liefde, seëninge en geskenke is om die draai. Waar die meeste van ons deur ons familie, vriende en ‘n versierde boom met geskenke omring gaan word, is daar mense wat slegs in die teenwoordigheid van eensaamheid Kersfees gaan vier.

Mens kan help om die feestyd vir die behoeftiges in die gemeenskap op te kikker deur ‘n bydrae aan die AfriForum Roodepoort-tak te gee.

Enige benodigdhede, soos toiletware en kruideniersware, of ‘n finansiële skenking is baie welkom.

Daar word versoek dat alle skenkings voor 30 November by Albertstraat 61 in Newlands afgelaai word. Vir enige navrae of inligting, kontak Denise Pretorius by 081 5737148 of Carike van Loggerenberg by 084 545 3897.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button