Skenkings gevra vir NG Culembeeck se Gee-Fees
Diegene wat iets wil skenk, kan dit voor of op 10 November by NG Culembeeck-gemeente in Witpoortjie aflaai
Is daar klere, speelgoed, skoene of ander benodigdhede wat net in die kas lê en stof opgaar? Skenk dit liewer vir ‘n goeie doel en help die minderbevoorregtes in die gemeenskap.
NG Culembeeck-gemeente se Gee-Fees vind op 24 November vanaf 11vm plaas, waar behoeftiges die geleentheid gegun sal word om dit wat hulle nodig het, gratis te ontvang.
Die gemeenskap word gevra om klere, speelgoed, skoene, toiletware, kos, of enigiets anders aan die kerk te skenk vir dié dag. Die mense in nood sal ‘n aantal kaartjies ontvang waarmee hulle items by die verskillende afdelings kan ‘koop’.
Diegene wat iets wil skenk, kan vir dominee Yolandi Kok by 079 354 7902 kontak, of hulle kan dit voor of op 10 November by NG Culembeeck-gemeente in Witpoortjie aflaai.
Een persoon se weggooigoed mag dalk net iets wees wat ‘n ander persoon nodig het.




