School sportSport

Bastion Trompoppie-klub mik vir 2020 SA’s

"Enige belangstellende hoërskoolmeisies van enige skool kan gerus by ons inskakel en deel word van die groep."

 

Die Bastion Trompoppie-klub het aan die begin van Maart verlede jaar met slegs vier meisies begin, maar het vanjaar alreeds hul stempel in Roodepoort afgedruk.

Die vier het verlede jaar aan hulle eerste kompetisie deelgeneem en ‘n algehele tweede en derde plek in die Parade Liga behaal.

Emma Prince, Janet Rautenbach en Raylien Theron. Foto: Halisje Crous.

Aan die begin van hierdie jaar het die span, wat nou met ‘n totaal van 12 meisies spog, hul stempel op die Presidensiële Liga afgedruk en hul pad oop gemarsjeer na die Provinsiale Kampioenskappe, waar hulle in die algehele vierde plek geëindig het.

By vanjaar se Knight of Champs-kompetisie het die meisies ‘n algehele derde plek in die Flag-afdeling verower.

Die meisies oefen tans hard om by 2020 se Knight of Champs-kompetisie nog beter te presteer.

Trompopies in aksie. Foto: Halisje Crous.

“Enige belangstellende hoërskoolmeisies van enige skool kan gerus by ons inskakel en deel word van die groep. Ons beoog om aanstaande jaar te kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Junie in Polokwane gehou word,” het Tracy Scheepers, afrigter van die Bastion Trompoppie-klub afgesluit.

Diegene wat belangstel om by die groep aan te sluit, kan vir Tracy by 074 891 5546, of Clara Benadie by 082 254 2994 kontak.

Related Articles

Back to top button