School sportSport

Kolskoot by kampioenskappe vir Florrie-skut

Sy het 'n vol 200 kaart vir die lêposisie by die SAARA-kampioenskappe geskiet

 

Nadine Nel, wat vanjaar die spankaptein van die Gauteng-skoleskuttersunie (GSSU) Presisiespan was, het Gauteng tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (SANSSU) Kampioenskappe en die Suid-Afrikaanse Luggeweer Assosiasie (SAARA) Kampioenskappe verteenwoordig.

Sy het op hoë vlak tydens die twee kampioenskappe presteer. By SANSSU het haar o.21A-span ‘n gouemedalje verwerf en die eerste plek in die land behaal. Sy het ook ‘n gouemedalje vir 3P en 10M, ‘n trofee vir die top o.21-presisieskuts, goue nasionale kleure, en ‘n algehele tweede plek in die land vir haar presisieklas verwerf.

By die SAARA nasionale kampioenskappe het sy ‘n gouemedalje vir 3P-presisieklas, ‘n silwermedalje vir 10M Olimpiese o.20-dameskuts, ‘n gouemedalje vir 3P en 10M Olimpiese spanne, ‘n platinumbalkie vir 3P-posisie en haar SAARA Nasionale Kleure verower.

Nadine het ook die Kampioen Presisieskutttrofee ontvang tydens haar aanwysing as kaptein van die GSSU-span.

Related Articles

Back to top button