Hardloop is tweede natuur vir hierdie Roodie-leerder
Met hierdie puik prestasies staan sy nou die kans om aanstaande jaar aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in die afdeling vir o.10's deel te neem.

Taya Pelser, ‘n Graad 3-leerder by Laerskool Roodekrans, het van vroeg in haar lewe af ‘n passie vir hardloop en dit is nou al vir haar tweede natuur.
Sy neem die afgelope twee jaar aan landloopligas deel, en het vanjaar haar eerste kompetisie op distrikvlak ervaar.
Taya het aan die D12-skolekampioenskappe in die o.9-dogtersliga deelgeneem en as die wenner weggestap. Met hierdie prestasie het sy gekwalifiseer vir die Gauteng-kampioenskappe vir skole, waar sy as die o.9-kampioen aangewys is.
Met hierdie puik prestasies staan sy nou die kans om aanstaande jaar aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in die afdeling vir o.10’s deel te neem.
Taya presteer ook goed in die klubligas, en het die Sentraal-Gauteng Atletiekklub op 7 September by die SA Klubkampioenskappe verteenwoordig. Daar het sy die klub se naam hoog gehou en ‘n silwermedalje verower.
Sy is ook vanjaar as die Gautengse o.9-klubkampioen aangewys.




