Laerskool Helderkruin kry die WOW by die spelfees
Vier leerders van Laerskool Helderkruin spog met prestasies by die WOW Spelfees
Laerskool Helderkruin spog met vier van hul leerders se prestasies by vanjaar se Sanlam WOW Spelfees.
Die doel van hierdie Spelfees, wat in al nege provinsies as die grootste spelkompetisie in die land aangebied word, is om die belangrikheid van taal en geletterdheid te beklemtoon en te bevorder. Die kompetisie word in Afrikaans Huistaal van Graad 1 tot 10; Engels Eerste Addisionele Taal van Graad 6 tot 9; en isiXhosa vir Graad 6 en 7 aangebied.
Die vier Kruiners het aan die halfeindrondte op 6 September deelgeneem en goed presteer. Liané Kruger was eerste in die Graad 2-groep; Hayden Vorster was eerste in Graad 4; Ruan Kruger was derde in Graad 4; en Keegan van Schoor het vyfde onder die Graad 4’s geëindig.
Liané en Ruan is deur na die finale en Nasionale Spelfees-rondte, en sal op 19 Oktober in Stellenbosch deelneem.




