School sportSport
Florries se gholfdag ‘n reuse sukses
Hoërskool Florida se jaarlikse gholfdag weereens 'n reuse sukses
Hoërskool Florida se jaarlikse gholfdag wat by die Krugersdorp Gholfbaan gehou is, was weereens ‘n reuse sukses.
Die gholfdag, wat as een van die skool se fondsinsamelingsprojekte dien, is baie goed ondersteun, en die 120 spelers het hulself definitief gate uit geniet.

Die tema vir die dag was die Rugbywêreldbeker, en almal het volgens hul gunstelingspan se kleur aangetrek.
Die borge het ook gesorg dat die spelers meer as genoeg te ete en te drinke gehad het, en daar was verskeie pretaktiwiteite waaraan hulle kon deelneem om pryse te wen.

Die groot pryse is egter tydens die prysuitdeling uitgedeel, en spelers het in verskeie kategorieë met die louere wegstap. Die algehele wenners was Charl Heyns en Grant Hewitt.




