Local newsNews
Lentefees met ‘n bietjie liefdadighied
NG Roodekrans Gemeente vier die begin van die lente met hul Lentefees, boonop vir 'n goeie doel.
Die NG Roodekrans Gemeente het vanjaar die begin van die lente met ‘n Lentefees vir die gemeenskap en minderbevoorregte kinders gevier.
Die doel van die dag was om terug te gee aan die gemeenskap en ook om die nodige fondse vir die Gemeente in te samel.

Daar was verskeie stalletjies met lekkernye, heerlike kos en speletjies vir die kinders wat verseker het dat daar iets te doen was vir almal; van jonk tot oud.
Lede van die Roodepoort Inner City Outreach (RICO) en kinders van Abraham Kriel Kinderhuis en Bethany House het ook die dag bygewoon. Die fees was ook ‘n geleentheid om vir die minderbevoorregte kinders in die gemeenskap ‘n dag vol pret te skep.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



