School sportSport

Kruiner-gimnas ontvang haar Gauteng-kleure

Sy gaan op 26 September aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiektoernooi in Kaapstad deelneem.

 

Janike Meintjies, Graad 3-leerder van Laerskool Helderkruin, het vanjaar aan die Gauteng Gimnastiekkampioenskappe in deelgeneem, en baie goed presteer.

Sy het tydens die kompetisie ‘n algehele derde plek in die o.8-ouderdomsgroep behaal en twee silwer- en een bronsmedalje verower. Met dié prestasie het sy ook vir haar Gauteng-kleure in gimnastiek gekwalifiseer.

Sy gaan op 26 September aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiektoernooi in Kaapstad deelneem.

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button